NERSA moet sê oor Karpowership

Die DA in Suid-Afrika sê die nasionale energiereguleerder, NERSA, se toekenning van lisensies aan Karpowership vir kragopwekking, is beslis ‘n skending van sy statutêre verpligtinge. Die party sê indien inligting uit die aansoek van die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ‘n oortreding van regulatoriese prosesse toon, sal al die reguleerders wat die besluit geneem het, aanspreeklik gehou word. Kevin Mileham van die DA sê hy sal NERSA ingevolge dié wet versoek vir ‘n omvattende verslag oor die besluit om die lisensies toe te ken: