Beleggingsraad is ook in New York

Die nuutgestigte Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad is tans in New York in die VSA saam met President Hage Geingob. Daar word verwag dat die afvaardiging aan die einde van die maand sal terugkeer. Volgens die voorsitter van die raad Nangula Uaandja, het hulle reeds geleenthede gehou en met verskeie voornemende beleggers ontmoet. Hulle benut partye wat vir die 76ste sessie van die VN se Algemene Vergadering in die stad is. Uaandja het met die plaaslike uitsaaier gepraat.