Namibiese damme saam 80,7% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 80,7 persent vol teenoor verlede jaar se 83,6 persent die ooreenstemmende tydperk. Die Suide-damme is gesamentlik 89,4 persent vol met die Neckartaldam wat ondanks ‘n verlies van 1,810 miljoen kubieke meter water, steeds 98,3 persent vol is. Die Nautedam is 96,2 persent vol. In die sentrale gebied is die Swakoppoortdam 89,5 persent vol en die Von Bachdam 51,4 persent teenoor verlede jaar se 69,7 persent.