Namibië en Rusland bespreek toekomstige verhoudinge

Namibië en Rusland het op die virtuele negende sitting van die Namibië-Rusland-
tussen-regeringseremonie ‘n padkaart bespreek vir nouer ekonomiese en handel-
samewerking, oor ‘n tydperk van drie jaar. Die Namibiese minister van Internasionale
Betrekkinge en Samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah, sê teen die agtergrond van
die pas-gestigte Namibiese Beleggings, Bevorderings- en Ontwikkelingsraad, wil die
land graag meer buitelandse beleggings lok om die ekonomie ‘n hupstoot te gee. Die
Russiese adjunk-premier, Yury Trutnev, sê Rusland stel baie belang daarin om nouer
met Namibië saam te werk.