Nuwe Covid-gevalle styg steeds

Die Namibiese gesondheidsministerie het 554 nuwe Covid-19 gevalle in die land
bevestig. Windhoek het 376, Walvisbaai 55, Otjiwarongo 29, Okahandja 20, Usakos 16
en Swakopmund 13. Die res kom landwyd voor. ‘n Positiwiteitskoers wat die afgelope
sewe dae van 5,9% tot 21,2% gestyg het. Daar is 1 797 aktiewe gevalle uit ‘n
kumulatiewe totaal van 131 230. Die totale sterftesyfer is tans 3 575. 13% Van Namibië
se bevolking is nou volledig ingeënt.