Namibië een van veiligste lande in Afrika

Namibië word as een van die veiligste lande in Afrika gelys. Volgens die Wêreld Ekonomiese Forum behels die kriteria vir veiligste lande die misdaadkoers, geweld en terrorisme, en hoe vinnig die polisie reageer. Die ander Afrikalande wat as veilig geag word, is Botswana, Rwanda, Mauritius, Seychelles, Ethiopië en Marokko.