Windhoek se burgemeester hou reeks vergaderings met personeel

Windhoek se burgemeester, dr. Job Amupanda, gaan môre ‘n vergadering met personeellede tussen die ouderdom van 55 en 60 hou onder die tema, Voices from Within. Dit is die eerste vergadering in ‘n reeks met verskeie ouderdomsgroepe en het die transformasie van die organisasiekultuur ten doel om ‘n werksomgewing met ‘n gedeelde visie te skep. Die vergadering vind môreaand om ses-uur plaas