Namibië bied Nasionale Groen Waterstof-konferensie in Augustus aan

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië in vennootskap met die Namibiese Belegginsbevordering en Ontwikkelingsraad en die Hanns Seidel-stigting gaan ‘n grootskaalse konferensie reël om sleutelrolspelers bymekaar te bring in die groen waterstof-sektor. Die potensiaal, geleenthede en risiko’s van die vestiging van ‘n groenwaterstof-sektor in die land sal onder bespreking wees. Die Namibiese Nasionale Groen Waterstof-konferensie word beplan vir 16 tot 17 Augustus in Windhoek Buiteklub. Dit sal amptelik geopen word deur eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, terwyl Tom Alweendo, minister van myne en energie, die konferensie op die tweede dag sal toespreek. Cons Karamata, die uitvoerende hoof van die Ekonomiese Vereniging van Namibië gesels met Kosmos 94.1 Nuus.