Krieket SA vier uiters suksesvolle tweede SA20-seisoen

Krieket: Vanjaar se SA20 het meer as 20-persent meer televisiekykers gelok as verlede jaar se aanvangseisoen. Tien van die 34 wedstryde is uitverkoop, insluitend die eindstryd op Nuweland, waar die Sunrisers Eastern Cape hulle titel behou het deur Durban’s Super Giants te klop. Meer as 70-persent van die beskikbare kaartjies is verkoop, terwyl 96-persent van die toeskouers die stadion-ondervinding as baie lekker beskryf het. Die kommissaris van die liga, Graeme Smith, gee krediet vir die suksesvolle seisoen aan ondersteuners, vennote, spelers en belanghebbers.