Israel kap Biden oor wapenverskaffing-dreigement

Top Israelse amptenare kritiseer Amerikaanse president Joe Biden vir sy dreigement dat die lewering van sekere wapens gestop sal word indien Israel die stad Rafah in Gaza sou inval. Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies, Gilad Erdan, sê dis ‘n teleurstellende standpunt deur ‘n president wat hulle sedert die begin van die oorlog ondersteun het. Israel het internasionale besware ignoreer deur tenks in te stuur en geteikende klopjagte in die ooste van Rafah uit te voer. Israel sê Rafah is die tuiste van Hamas se laaste oorblywende bataljonne.