Gavin Hunt keer terug na Super Sport as nuwe hoofafrigter

Sokker: Die voorsitter van Supersport United, Khulu Sibiya, het bevestig die voormalige afrigter van Kaizer Chiefs, Gavin Hunt, gaan na sy vorige klub terugkeer as hoofafrigter. Hunt het tussen 2008 en 2010 as hoofafrigter van Matsasantsa drie Premierliga-titels gewen voor hy in 2013 weg is na Wits. Hy het hulle afgerig toe hulle in 2017 die Premier Sokkerliga gewen het. Volgens Hunt keer hy terug huis toe.