Namib Meulens herdenk 40 jaar van ‘feeding the nation’

Namib Meulens herdenk môre amptelik sy 40ste verjaarsdag. Die maatskappy, wat nou bekend staan as die NMI Groep, het baie goed uitgebrei en miljoene in die Namibiese ekonomie belê in infrastruktuur en werkskepping. Van ‘n klein mieliemeel aanleg vervaardig Meulens vandag meelprodukte, pasta, dierevoer en hoender en verpak rys en suiker vir die plaaslike mark. Die uitvoerende hoof van die groep, Ian Collard, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.