Seagal besoek Russies-beheerde dele van die Oekraïne

Die Amerikaanse akteur Steven Seagal is tans in Donestk in die Oekraïne waar hy ondersoek instel na die dood van ongeveer 50 krygsgevangenes in ‘n aanval op ‘n fasiliteit in die Russies-beheerde gebied. Rusland het die Oekraïnse soldate gevangene geneem maar, op 28 Julie is 50 dood en 75 beseer in ‘n reuse-ontploffing. Rusland blameer Oekraïnse magte maar die Oekraïne sê dit was nie hy nie. Seagal sê dit lyk baie na ‘n aanval deur ‘n Amerikaans-vervaardigde Himars-vuurpyl…

Seagal is persoonlik befriend met Russiese President Vladimir Putin en is ‘n informele ambassadeur vir Russies-Amerikaanse verhoudings.