Musk verkoop US$6,9 miljard se aandele, indien hy Twitter-hofsaak verloor

Elon Musk, Tesla se uitvoerende hoof, het 6,9 miljard Amerikaanse dollar se aandele in sy maatskappy verkoop. Hy sê die fondse kan gebruik word om ‘n potensiële Twitter-transaksie te finansier sou hy ‘n regstryd met die sosialemedia-platform verloor. Musk het vroeg in Julie sy ooreenkoms van 25 April om Twitter vir 44 miljard Amerikaanse dollar te koop, gekanselleer. Twitter het Musk gedagvaar om hom te dwing om die transaksie te voltooi. Die twee partye gaan 17 Oktober hof toe.