Namcor se bestuur, finansies laat baie vrae ontstaan
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het in sy jongste ekonomiese verslag ‘n spesiale fokus op Namcor geplaas. Die instituut sê Namcor is finansieel uiters kwesbaar en dat die maatskappy dit ook in sy jongste beskikbare jaarverslag, die vir die 2021-22 boekjaar, erken. Hy maak staat op brandstofheffings. In 2021 het die maatskappy ‘n verlies van 133,8 miljoen Namibiese dollar aangeteken. Verliese is ook in 2018, 2019 en 2020 aangeteken. In 2022 het die maatskappy wins van net meer as 114 miljoen dollar aangeteken maar, die instituut sê dit is as gevolg van inkomste uit die verkoop van belange in lisensies, op 99,3 miljoen dollar, en 84 miljoen dollar wat hy uit die brandstofheffing verdien het. Die instituut se Namcor en die regering sal baie beter moet vertoon indien hulle die werklike voordele van die olie- en gassektor wil bewerkstellig.