Nama Tradisionele Leiersvereniging bied Volksmoord-gedenkstap aan

Die Nama Tradisionele Leiersvereniging sal ‘n jaarlikse Volksmoord-gedenkstap vanaf 12 tot 14 April in Lüderitz by Shark Island aanbied. Shark Island was ‘n konsentrasiekamp en ‘n ook ‘n massagraf, met die oorblyfsels van vele slagoffers wat deur Duitse Schutztruppe tussen 1904 en 1908 tereggestel is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Maboss Ortmann, ‘n lid van die Nama Tradisionele Leiersvereniging se tegniese komitee, wat meer inligting gee.