Capricorn Eagles nou professioneel

Namibië se nasionale vroue-krieketspan, die Capricorn Eagles, het ‘n nuwe fase betree nadat die spelers vir die eerste keer professionele kontrakte toegestaan is. Dit is ‘n historiese oomblik vir vroue-krieket en sport in die land. Vir die eerste keer ooit kan die spelers nou hul beroep aandui as “krieketspeler”. Vroue-krieket is aan die groei in Namibië, wat weerspieël word deur die Eagles se deelname aan verskeie toernooie. Die mees onlangse toernooie het was ‘n driehoekige reeks teen Rwanda en Uganda, en daarna die Afrika-spele in Ghana. Die verwagting is dat die spel na professionalisering van krag tot krag sal gaan.