Nam-toerisme kan mededingendheid verloor

As Simonis Storm korrek is in sy ontleding kan Namibië sy mededingendheid in toerisme verloor. Die makelaarsfirma sê die bedryf sal sy tariewe moet verhoog as gevolg van stygende pryse. Hoër pryse vir voedsel, brandstof en ander dienste kan fasiliteite noodsaak om kamertariewe te verhoog. Pryse is volgens die firma reeds duurder as in die buurland met plaaslike hotelle wat ongeveer 23 persent duurder is as hotelle in Kaapstad en Durban. Die ontleder, Theo Klein sê bemarking van die land as toerismebestemming is van kritieke belang. Die jongste syfers van die Namibiese Gasvryheidsvereniging dui aan dat plaaslike toerisme ook afneem.