Orlando Pirates skuldig na uitsluiting van TS Galaxy-eienaar

Die Premierliga se dissiplinêre komitee het Orlando Pirates skuldig bevind aan die uitsluit van TS Galaxy se eienaar uit die Orlando-stadion. ‘n Onderonsie het buite die stadion tussen amptenare van die twee klubs uitgebreek voor hulle Premierskapwedstryd in Desember. ‘n Opname van die stryery is op sosiale media gedeel. Die Buccaneers het onskuldig gepleit, maar die PSL-vervolger, Zola Majavu, het die dissiplinêre komitee se skuldigbevinding bevestig.