Nam se eerste driehoekige reeks vir vrouekrieket begin môre

Krieket Namibië is uiters opgewonde om ‘n vroue driehoekige reeks vandeesmaand aan te bied. Die Capricorn Eagles, Namibië se nasionale vroue krieketspan, speel vanaf Woensdag tot 26 April teen Zimbabwe en Uganda. Irene van Zyl sal die Namibiese dames as kaptein aanvoer en al die wedstryde vind op die CCD krieketveld in die hoofstad plaas. Dr. Rudie van Vuuren, die president van Krieket Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.