Chelsea se baas gee rentmeersterskap oor, Russiese banke op Swift geblok

Roman Abramovich, een van Rusland se miljardêrs en eienaar van die Chelsea-sokkerklub het rentmeesterskap van die klub aan die klub se liefdadigheidsstigting oorhandig ná Rusland se inval in die Oekraïne. Hy is natuurlik bekommerd oor sanksies teen hom en die moontlike impak daarvan op die klub se bedrywighede. Intussen het die EU en VSA ingestem om verskeie Russiese banke se toegang tot die internasionale betaalstelsel Swift, te verbied. Dit sal sake uiters moeilik in Rusland maak en die land sal nie die roebel kan ondersteun nie. Nie alle instansies is geraak nie en dié wat met olie en gas uitvoere werk kan voortgaan. Dit is so beplan om ontwrigting in internasionale markte te verhoed. Intussen het die Oekraïnse ministerie van verdediging ‘n beroep op kuberkrakers gedoen om Russiese maatskappye aan te val en ook om inligting oor die Russiese weermag te bekom.