Rietvlei-natuurreservaat spog met geboorte van renosterkalfie

Die Stad Tshwane sê hy is in sy noppies om aan te kondig ‘n renosterkalfie is onlangs in die Rietvlei-natuurreservaat gebore. Die nuweling is vroeg vanoggend die eerste keer opgemerk saam met sy ma, Pippa, en is na beraming twee dae oud. Die woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê of dit ‘n bulletjie of ‘n versie is moet nog bepaal word, want die bewaarders wil nie nou die twee pla nie.