Nakuta gesels oor FIMA en die komitee

Die Namibiese ministerie van finansies het die lede van die tegniese komitee bekend gemaak wat saamgestel is om verdere ondersoek na die omstrede FIMA-wetgewing in te stel. Die wetsontwerp bepaal op die oomblik dat net 25 persent van aftreefondse voor aftree ouderdom deur werknemers geneem mag word. Dit is vir eers onbepaald uitgestel. Die media-ombudsman, John Nakuta, is ook op die komitee en het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.