MUN ruk Saterdag op na Eskom

In die buurland beplan die Nasionale Mynwerkersunie om Saterdag op te ruk na Eskom se hoofkantoor in Megawattpark in Sandton. Die versetoptrede vorm deel van ‘n deurlopende massa-optrede wat daarop gemik is om die ontbondeling, en wat die vakbond beskou as die privatisering, van die elektrisiteitsverskaffer te stop. NUM doen ‘n beroep op alle vakbonde, vakbondfederasies en die breër samelewing om by hulle aan te sluit. NUM eis die ontbinding van Eskom se raad, die bedanking van die uitvoerende hoof, André de Ruyter en die finansiële hoof Jan Oberholzer, en die herinstelling van hul lede se diensvoorwaardes.