MTC se skenking aan staatsoogkliniek word verwelkom

Die Namibiese gesondheidsministerie is verheug oor MTC se skenking van oogkundige toerusting ter waarde van 750 000 Namibiese dollar aan die Windhoek Sentrale Hospitaal se oogsorg-sentrum. Die toerusting sal die sentrum in staat stel om meer pasiënte te behandel wat mediese aandag benodig, aangesien die sentrum vol bespreek is vir die res van die jaar, terwyl die waglys ook vol is. Volgens die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, sal die oogkliniek se dienste gedesentraliseer word na die streke van die Zambezi, Kavango, Ohangwena, Karas, Omusati en Oshana. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya …