Brittney Griner sal appelleer in Rusland

Die Amerikaanse basketbalster en tweemalige Olimpiese goue medaljewenner wat in Rusland nege-jaar tronkstraf opgelê is, Brittney Griner, het appelleer teen haar skuldigbevinding vir die besit van dwelms en dwelmhandel. Haar regsverteenwoordigers, Maria Blagovolina en Alexander Boykov, sê die vonnis is buitensporig. Blagovolina sê in soortgelyke gevalle het beskuldigdes ‘n gemiddelde vonnis van sowat vyf jaar ontvang. Die bekende WNBA-speler sou in die Amerikaanse buiteseisoen vir ‘n Russiese klub speel toe sy in Februarie op ‘n lughawe in Moskou in hegtenis geneem is vir dagga-olie in haar e-sigaret. Die adjunk-hoof van die Amerikaanse ambassade in Moskou, Elizabeth Ruud, sê hulle ondersteun die poging.