Oliepryse daal verder op Chinese ekonomiese data

Oliepryse het vanoggend verder gedaal namate Chinese ekonomiese data bekend gestel is wat vrese vir ‘n wêreldwye resessie opnuut laat opvlam het. China se sentrale bank het sy repokoers verlaag om die ekonomie te laat herleef omdat alle aanduidings is dat bedrywighede in die land inkrimp. China se uitvoere van brandstofprodukte sal na verwagting in Augustus herstel nadat Beijing meer kwotas uitgereik het, wat verdere druk plaas op krimpende raffineringsmarges. Intussen is daar hoop vir die 2015 Iran-kernkragooreenkoms en meer olie kan die mark betree as die ooreenkoms herleef. Brent verhandel op die oomblik rondom 94 Amerikaanse dollar ‘n vat en het oor die afgelope drie maande met amper 12 persent teruggesak.