MTC sal aanloklike belegging wees – kenner

MTC sal binnekort op die Namibiese aandelebeurs, die NSX, lys. Ekonome meen dat die telekommunikasie maatskappy ‘n baie aantreklike belegging is as gevolg van sy finansiële prestasie oor die jare. Salomo Hei, hoof van navorsing by High Economic Intelligence in die hoofstad sê die aandele sal nie net plaaslike beleggers lok nie maar ook internasionale beleggers.