Inperkings: hulp met pendelaar-penarrie

Pendelaars van Rehoboth en Okahandja wat in Windhoek werk het talle uitdagings met die beperkings wat daargestel is in verband met openbare vervoer. Operateurs het hulle maandelikse pryse opgestoot maar, wanneer personeel gedwing word om tuis te werk as gevolg van aanpassings aan inperkings, moet hulle steeds betaal, al is salarisse besnoei. Kosmos 94.1 Nuus het met die Unam-ekonoom dr. Omu Kakujaha-Matundu gepraat oor moontlik oplossings.