Mpumalanga kry mobiele klaskamers na storms

Die departement van onderwys in Mpumalanga sê dit het 40 miljoen rand toegewys om 105 mobiele klaskamers aan skole te voorsien. Die hoof van Mpumalanga se onderwysdepartement, Lucy Moyane, sê sommige van die mobiele klaskamers is afgelewer by skole wat in storms beskadig is. Moyane sê nie alle skole sal môre ten volle heropen nie.