Agra hou spogveiling op 22 Februarie

Agra hou op 22 Februarie ‘n beesveiling by die Agra/Bank Windhoek-ring in Windhoek wat gesogte stoetdiere aanbied. Simbra-, Simmentaler en Brahmanbulle van verskeie telers word onder meer aangebied. Paul Klein van Agra Veilings sê dit is ‘n veiling wat nie misgeloop moet word nie.