Namibiese vroue soek 50/50-verteenwoordiging in politieke strukture

Sommige vroulike politici in Namibië het hul kommer uitgespreek oor die stadige vordering van politieke partye vir die 50/50-implementering van mans en vroue in party-strukture en die parlement. Sommige glo die land is op die regte pad om die teikendoelwit van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, die SAOG, van 30 persent verteenwoordiging van vroue in magsposisies te bereik. Ander meen daar word nie genoeg daaraan gedoen nie en ander glo weer dit moet op meriete gebaseer word. PDM se parlementslid, Elma Dienda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit is belangrik vir vroue om ‘n gelyke deel in besluitneming te hê.