Motsoaledi moet waai, sê teen-xenofobie betogers

‘n EFF-vlag is gister in Johannesburg aan die brand gesteek tydens ‘n optog wat deur die Kopanang Africa Against Xenophobia-beweging georganiseer is. Spanning tussen die EFF en die beweging het verlede week opgelaai. Kopanang-lede het te midde van ‘n swaar polisieteenwoordigheid memorandums by verskeie polisiekantore oorhandig. Hulle wil hê wetstoepassers moet buitelanders beskerm. ‘n Woordvoerder van Kopanang, Ferron Pedro, voeg by die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, moet bedank want hy weet nie hoe om sy werk te doen nie: