Drie dood na tuisgebroude drankie, Nampol sê dis gif

‘n Pensioenaris en haar twee seuns is by die Mateke-nedersetting in Kavango Oos dood nadat hulle tuisgebroude bier, bekend as, ipwera, gedrink het. Die Namibiese polisie in die streek sê ‘n saak van vergiftiging word ondersoek. Volgens die polisie se misdaad ondersoek koördineerder in die streek, adjunk kommissaris Bonifatius Kanyetu, kon die bier moontlik gif gevat het. Al drie het gekla oor borspyne en die ma en een seun is tuis dood terwyl die derde slagoffer dood is op pad hospitaal toe. Nadoodse ondersoeke sal uitgevoer word en die ondersoek duur voort. Daar is gereeld gesondheidsuitdagings met tuisgebroude drank en daar is selfs gerugte dat dit tot batterysuur kan bevat.