Mosambiek appelleer uitlewering van sy oudminister aan Amerika

Mosambiek sê hy gaan appelleer teen ‘n Suid-Afrikaanse hof se besluit om sy voormalige minister van finansies aan Amerika uit te lewer oor ‘n leningskandaal van 45 miljard Namibiese dollar. Die prokureur-generaal se kantoor sê sy regspan gaan die Konstitusionele Hof in Johannesburg vra om die besluit om te keer. Manuel Chang word op versoek van Amerikaanse owerhede sedert 2018 in Suid-Afrika aangehou. Mosambiek wil hê hy moet in sy eie land teregstaan.