Koningin Elizabeth gaan Sondag Papawerdag bywoon

Koningin Elizabeth beplan om Sondag se Herdenkingsdagdiens by die Senotaaf in Londen by te woon. Die dag, ook bekend as Papawerdag, word sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog in Statebond-lande herdenk om lede van gewapende magte wat aan diens gesterf het, te vereer. Buckingham-paleis het die nuus bekend gemaak, al het die 95-jarige koningin se dokters haar onlangs aangeraai om vir ‘n maand te rus. Sy sal die seremonie vanaf die balkon van ‘n staatsgebou langs die Senotaaf besigtig.