Ses vas oor onwettige handel in edelmetale in SA

Ses verdagtes tussen 34- en 44-jaar oud is in hegtenis geneem in verband met onwettige handel in edelmetale in Mpumalanga en Gauteng. Valke-lede van Noordwes, Mpumalanga, Gauteng en die Vrystaat het ‘n dagbreek klopjag uitgevoer waarin agt persele in Gauteng en Mpumalanga deursoek is. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die operasie het gevolg na afloop van ‘n gewapende rooftig in 2019 by ‘n goudmyn in Stilfontein waartydens groot hoeveelhede goud gesteel is.