Morné Steyn voer die Bulle teen WP aan

Rugby: Die losskakel Morné Steyn sal die Bulle aanvoer in môre se Curriebeker-kragmeting teen Westelike Provinsie waarna ondersteuners gretig uitsien. Die Bulle se hoofafrigter, Gert Smal, sê om veterane soos Steyn en die haker Bismarck du Plessis te hê om leiding te neem, maak hulle vol vertroue teen die sterk span van die WP. Die Bulle is tweede op die Curriebeker-punteleer na vyf oorwinnings in ses wedstryde, terwyl WP sesde lê. Die wedstryd skop môre-aand agt-uur af.