Byna 400 000 mense besoek Namibiese pawiljoen by Dubai Ekspo

Ná ses maande by die 2020 Dubai Ekspo het die Namibiese Pawiljoen vanaf 1 Oktober tot 31 Maart 397 255 besoekers van regoor die wêreld gehad. Volgens ‘n mediaverklaring van die Namibië Beleggingsbevorder- en Ontwikkelingsraad was hul teiken om 60 potensiële beleggers te kry, maar hul verwagtinge is oortref met 192 potensiële beleggers in die sektore van herwinbare energie, toerisme en onderwys. Namibië was een van 192 lande wat aan die ekspo deelgeneem het.