Sommige skole in Oos-Kaap nog sonder handboeke

Daar is na wat berig word steeds skole in die Oos-Kaap wat sonder handboeke sit. Dit is ten spyte van ‘n uitspraak deur die hooggeregshof in Makhanda wat die onderwysdepartement opdrag gegee het om alle uitstaande handboeke en skryfbehoeftes aan staatskole regoor die provinsie te verskaf. ‘n Prokureur van die Regshulpsentrum, Cameron McConnachie, sê hulle is gevra om die departement te nader om antwoorde te kry op vrae oor die tekorte, maar het nog nie ‘n antwoord gekry nie.