Môre is die negende herdenking van die Marikana-slagting

Op 16 Augustus 2012 het die polisie 34 stakende lede van die mynwerkersvakbond, AMCU by die Lonmin-platinummyn in Rustenburg doodgeskiet. Die voorval het die wêreld geskok. Die president van die vakbond, Joseph Mathunjwa, sê byna ‘n dekade na die tragedie kan die gevolge daarvan nog gevoel word. Hy sê die slagting het die simbool geword van die voortslepende gebrek aan ekonomiese bevryding van Suid-Afrikaanse arbeiders.