Suid-Afrika se inentingsveldtog verloor momentum

Volgens verslae bereik die buurland nie sy daaglikse teiken van 250-duisend inentings nie. Dis hoofsaaklik omdat minder mense reg deur die land by sentrums vir inenting opdaag. In die afgelope week is minder as 180-duisend inentings daagliks gedoen. Sommige kenners meen dis omdat mense nog huiwer oor die inenting. Navorsing van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening het vroeër vanjaar bevind dat net 25-persent mense gretig is om die entstof te ontvang, terywl 40-persent van Suid-Afrikaners aangedui het dat hulle nie ingeënt gaan word nie.