Moordondersoek ná pa en twee dogters sterf ná hulle sop eet   

Die Vrystaatse polisie ondersoek ‘n saak van moord nadat ‘n man en sy twee dogters in die hospitaal gesterf het nadat hulle boontjiesop geëet het wat hul tannie voorberei het. ‘n Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dhlamini, sê ‘n derde meisie is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Volgens Dlamini het die gesin en hul kat die sop geëet voordat hulle werk en skool toe is. Dlamini sê voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring hul 21-jarige tannie het vir hulle die sop vir ontbyt gemaak en almal het daarvan geëet, behalwe sy.