Capricorn-groep borg Namibiese vroue-krieketspan

Krieket Namibië en die Capricorn-groep het vandag die groep se amptelike borgskap aan die nasionale vroue-krieketspan, die Capricorn Eagles, aangekondig. Die aankondiging kom net ‘n dag voor die span se vertrek vir ‘n Europese toer om in Nederland en Duitsland mee te ding. Krieket Namibië se strategiese visie vir vroue-krieket in Namibië is om die vroue-spel kreatief te professionaliseer om die spelers te ondersteun. Krieket Namibië wil ook junior strukture en deelname te laat groei deur georganiseerde meisies-krieketfeeste en meisies-krieketskole-ligas. Marlize Horn van die Capricorn-groep.