Moenie groot bedrae kontant trek nie

Lede van die publiek word weer daaraan herinner om nie groot bedrae kontant by banke te trek nie. Volgens die Namibiese polisie is ‘n 54-jarige man oor die naweek van 50 000 Namibiese dollar in kontant beroof nadat hy dit by ‘n bank in die hoofstad getrek het. Die polisie sê die man is dopgehou en agtervolg. Hy het na ‘n werkswinkel gery en daar is hy beroof. Die rowers was met messe gewapen. Die polisie sê een van die verdagtes is reeds geïdentifiseer.