Mej. SA sê vroue kan enigiets doen

Mej. Suid-Afrika, Lalela Mswane, is aangewys as tweede prinses by die 70ste Mej Heelal-kompetisie in Eilat, Israel. Harnaaz Sandhu van Indië is die nuwe Mej. Heelal en Nadia Ferreira van Paraguay is eerste prinses. Daar is vroeër foutief op sosiale media berig dat mej. Namibië Chelsi Shikongo die top-vyf behaal het maar, dit was in die openbare peiling en lede van die publiek het gestem. Die 24-jarige Mswane van KwaZulu-Natal, wat ‘n prokureur en balletdanser is, het voor die kroning ‘n hartroerende laaste boodskap oor die hantering van druk aan jong vroue oorgedra: