Geen verhoging moontlik vir staatsdiens nie

Ekonome is dit eens dat die huidige stand van sake in die ekonomie nie enige salarisverhogings vir staatsamptenare toelaat nie. Dit is weer beklemtoon deur die adjunk goewerneur van die Bank van Namibië Ebson Uangata. Staatsamptenare het sedert 2015 geen verhoging ontvang nie. Daar was ‘n ooreenkoms wat oor drie jaar gestrek het maar vakbonde raak nou ongeduldig omdat die ooreenkoms die jaar tot ‘n einde sou kom. Onderhandelings het in Februarie vanjaar hervat maar tydens die middel-termyn begroting het die minister van finansies Ipumbu Shiimi ook bevestig dat daar geen verhoging sal wees nie. Die staat se salarisstaat beloop ongeveer helfte van die begroting.