BoN goewerneur, sakeman met N$1 miljoen beboet

Die Namibiese Mededingingskommissie het die Bank van Namibië se goewerneur, Johannes !Gawaxab, asook Ismael Gei-khoibeb en Gamma Investments, met 1 miljoen Namibiese dollar beboet weens die implementering van ‘n samesmelting sonder goedkeuring. Dit is in terme van ‘n skikkingsooreenkoms tussen die partye. Die partye het in ‘n kommissie-ondersoek erken dat !Gawaxab op 10 Junie 2020 sy ledebelang in Gamma aan mnr Gei-Khoibeb verkoop het, in stryd met die Kompetisiewet. Hulle het erken die transaksie het neergekom op ‘n samesmelting, sonder die kommissie se goedkeuring. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dina Gowases, die kommissie se woordvoerder.