Putin teiken Weste in Rooi Plein-toespraak

Russiese president Vladimir Putin beskuldig die Weste daarvan dat hulle ‘n wêreldwye konflik waag en sê niemand sal toegelaat word om Rusland, die wêreld se grootste kernkrag, te bedreig nie. Putin sê “arrogante” Westerse elites het die deurslaggewende rol wat die Sowjetunie gespeel het in die verslaan van Nazi-Duitsland vergeet, en wakker konflikte regoor die wêreld aan. Hy sê ook Rusland se strategiese magte is altyd in ’n toestand van gevegsgereedheid. Hy het gepraat op die Rooi Plein in Moskou, tydens Rusland se viering van die einde van die Tweede Wêreldoorlog.