Oorsprong van bek-en-klouseer in Oos-Kaap ondersoek

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling sê ondersoek word ingestel om die oorsprong van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap te vind. Die virus is op twee melkplase in Humansdorp geïdentifiseer. Dit bring die totale bek-en-klouseer-gevalle in Suid-Afrika op 167 te staan. Die departement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê hulle moet die bedryf se gebrek aan praktyke en biosekerheid wat tot die verspreiding gelei het, aanspreek.